RIVERSDAL NUUS - Broodnodige reën het Riversdal Vrydagoggend behoorlik kom seën, met sowat 25 mm wat reeds teen 11:00 gemeet is.
Die welkome neerslae skep ’n dankbare en feestelike stemming aan die begin van die Paasnaweek, terwyl gesinne bymekaar kom - hetsy tuis of op vakansie.
Nog reën word vir die Hessequa-gebied voorspel, en motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur op nat paaie.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’