HESSEQUA NUUS - Die Korentepoortdam net buite Riversdal se vlak het die afgelope week met 2% gedaal al het daar 10 mm reën in die Korentepoortdam-gebied uitgesak.
Dié damvlak staan nou op 71%.
Die Duivenhoksdam se vlak het met 2,3% van 90,5% na 88,2% gedaal. Die damvlakke van al die ander damme in Hessequa het konstant gebly en staan op 100% van kapasiteit.
Die jongste stand van damme:
10 Februarie
Korentepoortdam - 73%
Duivenhoksdam - 90,5%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
17 Februarie
Korentepoortdam - 71%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’