HESSEQUA NUUS - Die 8,3 mm reën wat die afgelope week in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, het nie juis 'n verskil in die damvlak gemaak nie.
Trouens, die Korentepoortdam se vlak het van 77,09% na 73% gedaal.
Die Duivenhoksdam se vlak het met ongeveer 5% na 90,5% gestyg terwyl die damvlakke van al die ander damme in Hessequa konstant gebly en geen dalings getoon het nie.
Die jongste stand van damme:
3 Februarie
Korentepoortdam - 77,09%
Duivenhoksdam - 85,4%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
10 Februarie
Korentepoortdam - 73%
Duivenhoksdam - 90,5%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’