HESSEQUA NUUS - Die 29,9 mm reën wat die afgelope week in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, het nie juis 'n verskil in die Korentepoortdam se damvlak gemaak nie.
Sy vlak staan tans op 77% van kapasiteit.
Die Duivenhoksdam se vlak het met 3% gedaal, maar die damvlakke van al die ander damme in Hessequa het konstant gebly en geen dalings getoon nie.
Die jongste stand van damme:
27 Januarie
Korentepoortdam - 77%
Duivenhoksdam - 88,8%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
3 Februarie
Korentepoortdam - 77,09%
Duivenhoksdam - 85,4%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’