HESSEQUA NUUS - Die afgelope week het 11 mm reën in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, maar die vlak van dié dam het met 'n verdere 3% van 80% na 77% gedaal.
Die Duivenhoksdam se vlak het met 2% gedaal, maar die damvlakke van al die ander damme in Hessequa het konstant gebly en geen dalings getoon nie.
Die jongste stand van damme is as volg:
20 Januarie
- Korentepoortdam - 80%
- Duivenhoksdam - 90,2%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
27 Januarie
- Korentepoortdam - 77%
- Duivenhoksdam - 88,8%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’