HESSEQUA NUUS - Die afgelope week het 12 mm reën in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, maar die vlak van dié dam het met 'n verdere 2% van 82% na 80% gedaal.
Vir die maand het daar reeds 28 mm reën in die Korentepoortdam-gebied geval.
Die Duivenhoksdam se vlak het met 3% gedaal maar die damvlakke van al die ander damme in Hessequa het konstant gebly en geen dalings getoon nie.
Die jongste stand van damme is as volg:
13 Januarie
Korentepoortdam - 82%
Duivenhoksdam - 93,6%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 95%
20 Januarie
Korentepoortdam - 80%
Duivenhoksdam - 90,2%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’