HESSEQUA NUUS - Hoewel daar die afgelope week 11 mm reën in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, het die vlak van dié dam met 'n verdere 6% van 88% na 82% gedaal.
Die damvlakke van al die ander damme in Hessequa het konstant gebly en geen dalings getoon nie.
Die jongste stand van damme is as volg:
8 Januarie
Korentepoortdam - 88%
Duivenhoksdam - 93,6%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 95%
13 Januarie
Korentepoortdam - 82%
Duivenhoksdam - 93,6%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 95%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’