HESSEQUA NUUS - Met duisende toeriste wat in Desember op Hessequa se vakansiedorpe toegesak het, het waterverbruik die hoogte ingeskiet en gevolglik het al die dammevlakke skerp gedaal.
Die Korentepoortdam is die ergste geraak en sy vlak het van 100% op 9 Desember 2024 tot 88% gedaal.
Duivenhoksdam het met bykans 7% gedaal terwyl Olive Grove en die Jongensfonteindam albei met 5% gedaal het.
In Riversdal se opvanggebied het daar die afgelope week slegs 4 mm reën uitgesak.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
9 Desember
- Korentepoortdam - 100,5%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
8 Januarie
- Korentepoortdam - 88%
- Duivenhoksdam - 93,6%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 95%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’