HESSEQUA NUUS - Daar het die afgelope week geen reën in Hessequa uitgesak nie. Die damvlakke van die Korentepoortdam en Duivenhoks het effens gedaal terwyl die ander damme in Hessequa se vlakke konstant gebly het.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
6 Mei
- Korentepoortdam - 99%
- Duivenhoksdam - 99,9%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
13 Mei
- Korentepoortdam - 98%
- Duivenhoksdam - 99,7%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’