STILBAAI NUUS - Ses passievolle spanne spook dit uit om as die kampioene gekroon te word in die Bertie Barnard dames PRET netballiga in Stilbaai.
Woensdagaand was dit die tweede stel wedstryde met die toernooi wat oor ses Woensdae strek en klaarmaak 12 Maart met die finale.
Berties het met die openingswedstryd Woensdagaand daarin geslaag om Goal Diggers te klop in 'n baie spannende wedstryd, waarna 007 vir Seagulls geklop het en in die laaste wedstryd het High Hoops die Thunder Sisters laat les opsê.
Na twee weke se spel is Thunder Sisters nog in die eerste plek, met Seagulls tweede en High Hoops lê derde, maar in die komende weke kan daar nog baie dinge verander.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’