HESSEQUA NUUS - Voorlopige verkiesingsuitslae vir Hessequa, wat nog amptelik deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bevestig moet word, dui daarop dat die Demokratiese Allianse (DA) heel gemaklik hier geseëvier het.
Die DA het 57,63% van die uitgebragte stemme gekry. Altesaam 12 752 kiesers het vir dié party gestem.
Die ANC is steeds die tweede grootste party in Hessequa en het 4 469 stemme getrek vir 'n 20,2% stempersentasie.
Die Patriotiese Alliansie (PA) is nou die derde grootste in die streek en het 3214 stemme gekry, wat 14,53% van kiesers verteenwoordig.
Hulle word gevolg deur die VF Plus (vierde met 928 stemme; 4,19%) en die ACDP vyfde (240 stemme; 1,08%).
Die EFF (0,56%), RP (0,42%), CCC (0,23%), PAC (0,15%) en die AIC (0,12%) het nie juis veel hondhaaraf gemaak nie.
Die MK-party van Jacob Zuma het nie hier stemme gewerf nie.
Alle uitslae behoort teen Sondag 2 Junie geverifieer te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’