Update
STILBAAI NUUS - Stilbaai het Christmas in July gehad van 10 tot 15 Julie.
Die hoogtepunt was gewis Vrydagaand se Nagmark in Voortrekkerstraat. Daar was 'n hele klomp stalletjies met kos en snuisterye.
Kersvader het kom kuier met geskenkies en daar was selfs sneeu.
Die straat was gepak met byna al die Stilbaaiers daar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’