HEIDELBERG NUUS - Daar word dringend gesoek na Chad Hendricks (37) van Slangrivier, wat sedert Sondag 23 Maart om ongeveer 18:00 vermis word.
Hy is laas op die N2 in die rigting van Swellendam, naby Spitskop-plaas, gesien.
Chad is Engelssprekend en is met skisofrenie gediagnoseer.
Hy het laas ’n blou gholfhemp, blou denim en wit-en-swart Adidas-tekkies gedra.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind moet asseblief dringend die Heidelberg SAPD by 082 522 1225 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’