HESSEQUA NUUS - Die Afriforum Hessequa buurt- en plaaswag het oor die naweek van 30 Julie net meer as 2 000 kilometer afgelê tydens 'n nasionale patrollie, 'n inisiatief deur AfriForum.
Die 13 voorvalle wat aangemeld was, is in samewerking met die polisie hanteer.
“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking tussen die AfriForum-buurtwagte, polisie en die ander instansies wat help om ons gemeenskappe te beveilig,” het Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid- en Oos-Kaap gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'