RIVERSDAL NUUS - Sestien leerders van Graad 8 tot 12, het onder die leiding van twee volwassenes van Hoër Landbouskool Oakdale se Natuurleweklub, die afgelope naweek ’n vierdaagse rugsakstap deur die pragtige Langeberge onderneem.
Die roete het vanaf Korintepoortdam via Rooiwaterspruit, Sleeping Beauty tot by Kristalkloof en die Langkloof gestrek.
Die staptog het nie net natuurskoon en avontuur gebied nie, maar ook ’n sterk fokus gehad op bewaring.
Gewapen met ‘n handsaag, het die manne meer as 1 300 dennebome tydens die tog uitgekap - ’n daadwerklike bydrae tot bewaring. Hulle sien met opgewondenheid uit na die volgende staptog!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’