Update
HESSEQUA NUUS - Mnr. Bennie Aucamp en twee leerders, Sybrand R van Dyk en Hanro van Rooyen het vir twee weke 'n landboutoer na Oostenryk saam met die Wes-Kaapse departement van landbou onderneem.
Hulle het vir een week 'n landbouskool in St. Florian bygewoon. Hier het hulle ervaring rakende teoretiese en praktiese landbouopleiding in Oostenryk opgedoen.
Dié skool het 270 leerders en 70 onderwysers. 'n Baie gunstige leerder/onderwyser-ratio.
Dit was 'n uiters leersame ervaring en die groep was veral beïndruk met die inherente selfdissipline van die leerders by die betrokke skool.
Gedurende die tweede week het hulle verskeie boerderye en besienswaardighede in Oostenryk besoek.
Lees 'n vorige artikel: Oakdale onderwyser en 2 leerders na Oostenryk
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'