Gallery
RIVERSDAL NUUS - Anton Bredell, minister van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het Riversdal op Donderdag 24 Januarie besoek vir die inwyding van twee nuwe brandweerwaens.
Die gemeenskap het in verwondering gekyk hoe die blink rooi en wit waens, sowel as Hessequa-brandweer se drilpeloton verby hulle marsjeer het.
Die skuim wat die 4x4 wa kan spuit is deur brandweermanne gedemonstreer.
Bredell het gesê: “Ek moet die munisipaliteit met hulle visie gelukwens. Hulle vra en hulle druk. Dankie vir die omgee vir die gemeenskap. Julle het ’n trotse vloot en ons weet ook dat ons in ’n trotse een belê.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Trotse brandweermanne by die een van die nuwe waens. Foto’s San-Marié Cronjé
Brandbestryders tydens die demonstrasie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'