Groot opgewondenheid het geheers toe leerders die geloei van die sirenes hoor. Hulle het geleentheid gekry om "die kake van die lewe" te hanteer en self ook ‘n "vuur te blus".
Brandweerpersoneel het kosbare inligting met die leerders gedeel, onder andere wat hulle te doen staan as ‘n brand in ‘n gebou uitbreek, hoe om "onder die rook" uit te beweeg, en verskillende maniere hoe vure geblus kan word. Na afloop van die inligtingsessie, moes leerders vrae beantwoord.
Die belonging: ‘n rit in die brandweervoertuie! Handjies het in die lug opgeskiet van pure opgewondenheid. Almal wou graag ‘n rit in die "rooi waens" hê.
Kruisrivier Primêr sê baie dankie vir hierdie spesiale besoek wat deur tannie Elna van die plaaslike ACVV Riversdal gereël is.

Elzaan van Reenen kry 'n kans om die "brandslang" te hanteer.