Update
HESSEQUA NUUS - Volgens inligting van inwoners op Vermaaklikheid het nog drie huise in die slag gebly.
Johan Jacobs, munisipale bestuurder, het vroeër gesê dat die plaaslike brandweer alles in hul vermoë doen om dit te voorkom.
Na wat verneem word is die ergste brand verby, hoewel daar nog hier en daar klein vlammetjies is.
Inwoners het ook die brandweer bygestaan.
Dit is waar die brand is.
Lees 'n vorige artikel: Huis in vlamme
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'