STILBAAI NUUS - Dit brand tans langs die R305 (Stilbaaipad).
Die rook belemmer uitsig en motoriste word gewaarsku om versigtig te ry.
Mnr. Adneshel Voss, hoof van beskermingsdienste, het gesê dat hul daarvan bewus is en dat nooddienste onderweg is.
Dis nie seker of die pad gesluit gaan word nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'