STILBAAI NUUS - Baie vroue glo dat die diagnosering van borskanker die einde van die wêreld is en daarom het Stilbaai-biblioteek dit goedgedink om Marlene Erasmus van Kansa te kry om Dinsdag 29 Oktober met 'n groepie vroue daaroor te gesels.
Marlene se boodskap was dat borskanker nie 'n doodvonnis is nie en dit hang van jouself af hoe jy daarop reageer.
Gereelde maandelikse selfondersoeke, jaarlikse mediese ondersoeke en 'n gesonde leefwyse is baie belangrik, want vroeë diagnosering kan beteken dat jy met medikasie kan gesond raak.
Amanda Jordaan, een van die oorwinnaars, van Melkhoutfontein het haar pad met kanker en hoe sy deur die aanvanklike fases gegaan het tot waar sy nou is roerend oorgedra en gewys dat alles moontlik is as jy die pad met die Here stap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’