HESSEQUA NUUS - Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) het ’n databank geskep om vuurwapeneienaars gedurende die amnestieperiode by te staan.
Die periode duur vanaf 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020 en bied eienaars wat nagelaat het om betyds vir hernuwing aansoek te doen, geleentheid om wapens in te handig terwyl hulle vir hernuwing wag.
Daar kan ook aansoek gedoen word vir nuwe lisensies van vuurwapens waarvan die lisensie reeds verval het.
SAAI bied aan om die vuurwapens op ’n databank te registreer sodat die proses gemoniteer kan word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'