RIVERSDAL NUUS - Rugbyondersteuners is Saterdag 2 Mei by die Riverville-stadion op die punte van hul stoele gehou toe Riversdal Blues se spanne teen Crusaders van George kragte gemeet het in ’n dag vol harde rugby en opwindende aksie.
Die grootste teleurstelling van die dag was die A-span se nederlaag van 34 - 26 teen ’n sterk Crusaders-uitrusting.
Hoewel Blues dapper teruggeveg het en tot die einde toe druk toegepas het, het die besoekers uiteindelik hul kanse beter benut om met die wenpunte weg te stap.
Die tuisspan se B-span het egter gesorg vir ‘n oorwinning nadat hulle Crusaders met 26 - 15 geklop het.
Blues het van vroeg af die tempo bepaal en met goeie spanwerk en vasberadenheid hul teenstanders onder druk gehou.
Die C-span-wedstryd moes ongelukkig gekanselleer word nadat Crusaders glo hul spelers se kopkaarte vergeet het - ’n situasie wat talle ondersteuners en beamptes ongelukkig en gefrustreerd gelaat het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’