STILBAAI NUUS - Op Donderdag 3 April hou die Blombos Argeologie Museum in Stilbaai 'n pretdag vir kinders by die Stilbaai Toerismekantoor in Langenhovenweg.
Die kinders gaan 'n toer deur die museum kry, palings voer, hulle eie rotskuns maak en daar is selfs 'n skattejag.
Dit begin al halftien die oggend en duur tot halfeen.
Ouers moet gou spring en kaartjies koop by die toerismekantoor, want daar is net 'n beperkte aantal plekke beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’