RIVERSDAL NUUS - Die verhoor teen Jan van Rensburg kon steeds nie begin nie as gevolg van mediese inligting wat byna twee en ’n half jaar later in die staat se saak opgeduik het.
Van Rensburg word van strafbare manslag aangekla na ’n woordewisseling tussen hom en Chris Harmse op die plaas Peperduurfontein in die Kruisrivier-omgewing, Riversdal in Februarie 2016.
Harmse het ’n dag later in die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai na ’n operasie aan sy enkel beswyk.
Die saak was reeds uitgestel vir verhoor tot 2 en 3 Augustus vanjaar, maar moes weer vir die doel van ’n voorverhoor tot 6 Desember uitgestel word.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus."