HESSEQUA NUUS - Die projek om die streek met ’n kameranetwerk te beveilig en misdaad hok te slaan, kry momentum.
Die toetskamera wat deur ’n verskaffer geleen is, is intussen met bydraes van die Goukou-plaaswag aangekoop.
Die veiligheidskomitee hoop om by wyse van skenkings van die publiek voor die aanbreek van die vakansieseisoen die tweede kamera in werking te stel.
Meer kameras sal in ’n volgende fase in werking gestel word om al Riversdal se ingange te dek.
Hessequa-munisipaliteit het die kameraposisies goedgekeur en onderneem om elektrisiteit beskikbaar te stel.
’n Vergadering van sakemanne en belangstellendes vind Woensdag 28 November om 18:30 by Die Dam Kwekery plaas om die projek toe te lig en geld te in. Die komitee moedig besorgde inwoners aan om dit by te woon.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'