STILBAAI NUUS - As deel van die bewusmaking van Wêreld Asmadag wat vanjaar op 3 Mei was, het Laerskool Bertie Barnard kragte met dr. Corli Lodder van George saamgesnoer.
Die graad 1-,2- en 3-klasse het 'n tekenkompetisie gehad en juffrou Annalize de Villiers het besluit om vir elke graad 'n tema te gee.
In haar praatjie Lodder gesê asma nie genees kan word nie, maar dit kan gekontroleer en die simptome verlig word.
Volgens haar is dit die mees algemene chroniese siekte by kinders.
Dr. Corli Lodder en juffrou Annalize de Villiers by die wensketse.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'