STILBAAI NUUS - Die hitte het seker 'n invloed gehad op Maandagaand 3 Maart se pretliga netbalwedstryd tussen Berties en 007, want Berties het behoorlik gekook en 007 moes dit ongelukkig ontgeld.
Tot 007 se verdediging kan mens egter sê dat geen span gisteraand teen die begeesterde Berties sou staande bly nie.
Met die telling 8 - 1 in die guns van Berties kon die eindfluitjie nie 'n minuut later blaas nie.
In 'n baie aanskoulike wedstryd het 007 nooit gaan lê nie en met 'n bietjie skaafwerk is hulle 'n gans ander span in hulle volgende wedstryd.
Woensdagaand 5 Maart speel High Hoops teen Seagulls en Thunder Sisters pak Goal Diggers.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’