STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard het van Dinsdag 26 tot Donderdag 28 September vir drie dae om die wêreld gegaan.
Elke klas het ‘n land gekies en hulle het elke aand kort opvoerings gehou van daardie lande se kultuur.
Die klas was dan ook verantwoordelik om wegneemetes uit daardie lande aan die kiosk te voorsien.
Klaskamers is pragtig versier en die leerders het hard geoefen om dit ‘n reusesukses te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’