RIVERSDAL NUUS - Pastoor Dawid Pieterse (69) van Riversdal is gisteraand op Oujaarsdag, 31 Desember tuis aan natuurlike oorsake oorlede.
Pieterse was ook in die boubedryf betrokke.
Hy was in 2004 as pastoor in die Christen-gemeente, Riversdal bevestig. Hy en sy vrou, Diena was in April 44 jaar getroud. Die egpaar het nege kinders.
Boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom en hy is beskryf as 'n geloofsreus, 'n man wat outoriteit oor bose geeste geneem het. Hy het ook 'n gawe gehad om vir siekes te bid en sal 'n groot leemte laat.
Besonderhede oor sy begrafnis is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'