STILBAAI NUUS -Koos Grobbelaar (71), ‘n bekende oud-prokureur van Stilbaai is Maandag, 11 Julie in George-hospitaal weens limfatiese kanker oorlede.
Grobbelaar het nog tot onlangs arbeidsreg-konsultasiewerk in Hessequa gedoen.
Hy word oorleef deur drie seuns, Jaco, Marius en Wian, asook drie broers, ‘n suster en drie kleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'