RIVERSDAL NUUS - ‘n Baie bekende inwoner wat jare lank op Riversdal gewoon het, Anna de Vos, word op 13 November 90 jaar oud.
Anna het in die besigheidswêreld belanggestel omdat sy op haar vorige dorp, Williston, ‘n kafee- en restaurantbesigheid, asook ‘n baba- en kinderwinkel besit en ‘n nuwe dameshaarsalon geopen wat sy self bedryf het.
Op Riversdal koop sy weer ‘n kafee- en restaurantbesigheid en begin sy ‘n baba- en kinderwinkel, sowel as die eerste bloemiste in die dorp.
Sy sluit haar sakeloopbaan af met die koop van die damesboetiek, Anna se Boetiek in Kerkstraat. Hierdie winkel bedryf sy vir 12 jaar suksesvol voor sy dit net voor haar aftrede verkoop.
Na ‘n besige sakeloopbaan tree sy af en verhuis in September 2003 na Huis La Belle in Bellville, waar sy tot vandag nog woon.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'