Update
RIVERSDAL NUUS - Die naam van die vrou wat vroeër vanmiddag in 'n ongeluk buite Riversdal gesterf het, is bekend.
Tanya Menges (47), ’n joernalis van Die Son, was op pad Vermaaklikheid toe om 'n berig oor Pieter le Roux te doen toe die ongeluk gebeur. Le Roux is onlangs lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op sy ma.
Volgens inligting, het Menges se voertuig die pad verlaat.
Sy het op die toneel gesterf.
Een van Menges se kollegas, Julian Jansen, sê die personeel van Media24 is erg geskok deur haar afsterwe: "Tanya se dood gaan verseker 'n leemte laat wat nie maklik gevul gaan word nie."
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Lees 'n vorige nuusflits: Vrou sterf in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'