Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die Heidel-seniorburgerklub op Heidelberg het Donderdag 23 Mei verslag oor hul klubbedrywighede en -finansies gelewer.
Merle Paige het die verrigtinge gelei en die voorsittersverslag gelewer.
Dié bejaardes is baie bedrywig en woon al die sportaktiwiteite vir bejaardes in die Hessequa-streek by.
Hulle is besig met brei-, hekel-, mosaic- en naaldwerk, wat verkoop en ook aan behoeftiges uitgedeel word.
Mense en instansies wat vanjaar baat hierby gevind het, sluit in die brandslagoffers van Wupperthal, behoeftiges in Heidelberg, asook die brandweermanne van die munisipaliteit.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'