ALBERTINIA NUUS - Twee groot honde het 'n bejaarde man van die dorp, Jan Meiring Sondag 14 Januarie verskeie kere gebyt toe hy sy klein Skipper-hondjie teen hulle wou beskerm.
Meiring en sy hondjie, wat aan 'n leiband was, het na die plaaslike supermark gestap om brood te koop - 'n gereelde uitstappie wat hulle onderneem het.
Net voor die winkel het die twee groot honde vir die Skippertjie aangeval en is Meiring ook gebyt.
‘n Vreemde man, wie blykbaar die eienaar van die honde is, het die hulle geroep en op sy bakkie laat klim.
Hy het nie ‘n poging aangewend om die bebloede en geskokte Meiring te help nie.
Enige ooggetuies na die voorval word gevra om die plaaslike polisie te skakel by 028 735.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: JEFF GIBSON, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'