HESSEQUA NUUS - Die Covid-19 inperking in die land laat baie inwoners ook in die streek sonder kos op die tafel.
Hier word nie verwys na inwoners wat staatstoelae ontvang nie, maar werkers wat onder normale omstandighede 'n weeklikse loon sou ontvang. Daar is baie gevalle waar gesinne na die tweede week van die inperking nie meer kos sal hê nie.
Hierdie is 'n inisiatief van die privaatsektor wat 'n rekening by Riversdal SuperSpar geopen het.
Geld wat inbetaal word, sal in dorpe deur die hele streek versprei word. Die koste van 'n kospakkie is sowat R350. Inwoners word versoek om indien moontlik so 'n kospakkie te borg, maar enige bedrag sal welkom wees.
Ter wille van logistieke reëlings sal dit hoog op prys gestel word indien inbetalings voor Vrydag 3 April gemaak kan word.
Besonderhede
- Verwysing: Kospakkie, gevolg deur die naam van die dorp
- Rekeninghouer: Excluvin (Pty) (Ltd) t/a RIVERSDALSUPERSPAR
- Bankkode: 162645
- Rekeningnommer: 162 653 2672
- Bank: Nedbank Riversdal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'