TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die eens nederige ATKV wat vanjaar 90 jaar bestaan, het gegroei na 'n maatskappy met sewe oorde, 300 kultuurtakke en spog tans met 67 000 hooflede.
Afgevaardigdes sou vanjaar by Hartenbos vergader vir die jaarlikse kongres (AJV), maar Covid-19 het hul verplig om tuis te bly en die besprekingspunte is met hul stemme per rekenaar te stuur.
Die beplande groot makietie kon nie gehou word nie.
Indien die Afrikaanse taal en kultuur vir jou belangrik is, kom skakel in en maak 'n verskil. Kontak die kultuurbestuur by 079 892 0747 of by 084 621 2838.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'