STILBAAI NUUS - André Mathee van Stilbaai kon sy ore nie glo toe Denise Maré hom bel met die blye nuus dat hy die eerste prys gewen het in Laerskool Bertie Barnard se kompetisie waar hulle geld ingesamel het om 'n skoolsaal te bou nie.
Die "Ek Wil" kompetisie het totale prysgeld van R175 000 gehad en André het weggestap met 'n tjek vir R100 000.
André sê hy was een Saterdag by Die Brugmark toe hy die stalletjie sien waar die skoolkinders kaartjies verkoop.
Hy wou toe net 'n donasie maak, maar die kinders het gesê hulle mag nie kontant vat nie en hy koop toe maar 'n kaartjie. Sy beste besluit ooit.
Die skool bars uit sy nate en 'n skoolsaal sal beslis baie help en daarom moet jy nie huiwer as jy dit in jou hart voel om te help nie.
Skakel gerus die skool by 028 754 1042 as jy kan 'n bydrae maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’