Video
RIVERSDAL NUUS - Die tweede dag van Hoër Landbouskool Oakdale se gewilde jaarlikse Akkerfees is tans volstoom aan die gang, met besoekers van oral wat die feestelike atmosfeer geniet.
Die terrein bruis van bedrywighede met gesinne en vriende wat saam kuier tussen die talle eetstalletjies, die plaasmark en verskeie uitstallings.
Die fees bied iets vir oud en jonk en is jaarliks een van die hoogtepunte op die plaaslike gemeenskapskalender.
Rugbyliefhebbers word ook op hul stoele gehou met opwindende wedstryde tussen Oakdale en Paarl Gimnasium, wat vir groot belangstelling en geesdrif langs die veld sorg.
Die Akkerfees staan bekend as 'n viering van landbou, sport en gemeenskapsgees en lok jaarliks duisende besoekers na Riversdal.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’