RIVERSDAL NUUS - Raadsvergaderings spring ook nie die sosiale afsondering vry nie.
Slegs raadslede is toegelaat om die spesiale en kwartaallikse vergaderings, wat op Donderdag 26 Maart gehou is, in die raadsaal by te woon.
Gaste is in die groot saal van die burgersentrum met behulp van 'n digitale uitsending geakkommodeer. Die klankgehalte was egter swak. Die speaker, Andrew Stroebel, sê die raad hoop om binnekort die klanktoerusting in die raadsaal op te gradeer.
Die twee onderwerpe wat albei vergaderings oorheers het, is maatreëls om die verspreiding van Covid-19 in Hessequa te keer en die inperkingstyd, asook die afhandeling van die voorlopige 2020/21-begroting.
Volgens die munisipale bestuurder, Johan Jacobs, is die grootste uitdaging om 'n volhoubare begroting op te stel, maar terselfdertyd tariewe daar te stel wat vir inwoners bekostigbaar bly.
Kommentaar op die begroting sal na die 21 dae van inperking verwerk word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'