Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Tydens die 2021 Heidelberg Pampoenfees is nie net 'n Suid-Afrikaanse rekord nie, maar ook 'n Suidelike Halfrond rekord op Vrydagaand, 26 Maart opgestel.
Die jaar se inskrywings was wel minder, maar dit het nie die kampioen-pampoenkweker, Willem le Grange met sy 867,5kg knewel van 'n pampoen en sy pa, Casper le Grange (665kg) wat die tweede plek ingeneem het, gestuit om met die louere weg te stap nie. Beide is Mosselbaaiers.
Le Grange het verlede jaar se kampioen, Piet Lotz van Riversdal se wengewig met 7,5kg verbeter. Die gemoedere het hoog geloop toe Le Grange se reusepampoen geweeg moes word, omdat die verwagtinge was dat dit die 1 191,5kg wêreldrekord sou oortref.
Fotogalery: Rekords spat by pampoenfees
Pieter Conradie met sy 567kg-pampoen was ietwat ongelukkig om nie die tweede prys op te raap nie. Sy ander inskrywing wat die skaal op 839,5kg laat kreun het, is gediskwalifiseer toe dit tydens die aflaai gebreek het. Conradie boer in die Nuy vallei, buite Worcester.
Hendrik Kotze en Altus Joubert het onderskeidelik die mooiste en lelikste pampoene gekweek. Die totale kontantpryse het R40 000 beloop.
Kyk 'n video hieronder:
Die verrigtinge het Saterdag met 'n 4x4-kompetisie op Westfieldplaas, asook 'n gholf- en rolbaldag ingesluit. Verskeie sangers, waaronder Juanita van Jaarsveld, Gert Zandberg en andere het die aanwesiges met sang en musiek trakteer.
Pieter Conradie (derde), Willem le Grange (kampioen) en Casper le Grange (tweede) het met die louere as bobaas-pampoenkwekers weggestap. Foto's: Clive Pretorius
Piet Lotz, verlede jaar se kampioen deel sy kennis van kampioenpampoene kweek met die aanwesiges.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'