RIVERSDAL NUUS - Caville Abrahams van Riversdal is gedurende Mei vanjaar as waterveiligheidsinstrukteur by die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) aangestel.
Hy is besig om skole en instansies in George, die Hessequa-streek en omliggende gebied te besoek waar hy kinders en volwassenes meer oor waterveiligheid leer.
Die werksessies word gratis aangebied. Indien jy belangstel om 'n aanbieding by jou skool of instansie te reel, kontak Abrahams by 071 871 9664, of stuur 'n e-pos na caville@searescue.org.za om 'n afspraak te maak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'