RIVERSDAL NUUS - Mense regoor die wêreld het op 22 April aardedag gevier.
In Riversdal het die kunstenaars Tielman Francisco de Villiers en Scott Bryan Hart (van Magpie Art Collective) ‘n “Upcycling”-slypskool - in samewerking met die Gourtitz-groepsbiosfeerreservaat (GCMR) - aangebied.
Die doel hiervan om die waarde van herwinning te beklemtoon. “Die kunstenaars het die belangstellendes gewys hoe ‘n mens kuns uit plastiekbottels en -deksels en ander herwinbare weggooigoed kan maak,” sê Leila Moosajee van GCBR.
Marinda van As, die mede-organiseerder, voeg daaraan toe: “Met herwinning dra ‘n mens nie net by tot die bewaring van die natuur nie; dit ontgin kreatiwiteit en praktiese denke. Uit dié vaardigheid kan jy ‘n bestaan maak, terwyl jy bydrae tot die redding van die aarde.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’