STILBAAI NUUS - Oom Billy Clarke wat op 3 September 99 jaar oud word het Saterdag 19 Augustus die skooltjie besoek waar hy in 1931 in Sub B was.
Oom Billy het saam met Piet Nowers van Tortuga Bay se kinders Stilbaai toe gekom as verrassingsbesoek met Piet se 88ste verjaardag.
Hy het van die geleentheid gebruik gemaak om al die ou plekkies wat hy in die dertigerjare van die vorige eeu leer ken het weer te besoek.
Die skooltjie vorm deel van die museum by Palinggat in Stilbaai. Hy het selfs in die bankie gaan sit waar hy in 1931 gesit het en hy onthou soos gister dat sy onderwyseres juffrou Adshade was en dat hulle 15 kinders in die skooltjie was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’