ALBERTINIA NUUS - Hendrik (Hennie) Louw van Albertinia is ‘n rukkie gelede met vermoedelik ‘n panga doodgekap.
Volgens sers. Ciska Badenhorst, plaaslike media skakelbeampte was Louw blykbaar heel toevallig in die omgewing. Die 17-jarige verdagte het glo sy suster met ‘n mes in die huis rondgejaag.
Sy het uitgehardloop en die polisie wat op patrollie in die straat gery het voorgekeer. Die verdagte het spore gemaak, maar terwyl die polisie besig was om haar verklaring af te neem, het hul ‘n geskree buite gehoor. Louw se liggaam het in die straat gelê. Hy is op die toneel dood.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal môre in die Riversdal-landdroshof verskyn.
Op die toneel vanmiddag.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'