HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie het ‘n groot slag geslaan toe hulle Donderdagaand, 19 Mei ‘n 22-jarige jongman by ‘n perseel in Dollar Square met dwelms betrap het.
Die verdagte is tydens ‘n steekoperasie deur die A-skof lede, konstabels JJ Paige en Jason Berdien, onder leiding van sers. Gerrit Swart by ‘n huis in die informele buurt in hegtenis geneem.
Hy het Vrydag, 20 Mei in die plaaslike hof op aanklag van handel in dwelms verskyn.
Van links: konst. Jason Berdien, sers. Gerrit Swart en konst. JJ Paige.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'