HEIDELBERG NUUS - 'n 18-Jarige man van Heidelberg is agter tralies nadat hy Woensdag 10 Julie helder oordag by ’n plaaslike insleepdiens ingebreek het.
Hy is op kamera identifiseer, ten spyte daarvan dat hy die kameras probeer verstel het.
Die saak word nog ondersoek en hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.
Hy het twee jaar gelede op Goeie Vrydag by dieselfde perseel ingebreek en ’n insleepvoertuig gesteel.
Hy het in die rigting van Mosselbaai gejaag, waartydens hy op die N2 naby die Gouritsbrug in ’n botsing met ’n motor betrokke was.
Hy was toé as minderjarige tot twee jaar in ’n verbeteringskool gevonnis. Etlike duisende rand se skade is aan die voertuie aangerig.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'