HEIDELBERG NUUS - Edward Laws, oftewel oom Tor soos hy alombekend is, het Vrydag 26 Desember sy 90ste verjaarsdag gevier.
Oom Tor, 'n boorling van Blanco, George, het die besondere mylpaal met sy enigste seun, Edward, sy twee dogters, Magda en Hettie asook hul gades, en 'n paar familielede en vriende aan huis van sy een kleindogter in Gouritsmond gevier.
Sy vrou, tannie Maggie, met wie hy 49 jaar getroud was, het hom in 2012 ontval.
Benewens sy kinders, is daar agt kleinkinders en sewe agterkleinkinders in sy kroos.
Oom Tor wat 'n ywerige tuinier en nutsman is, geniet nog goeie gesondheid en geniet dit nog om met sy fiets dorp toe te ry.
Hy verrig ook nog sy eie instandhoudingstake om en in die huis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’