STILBAAI NUUS - Konstabel Joshwill Lorenzo Saayman het hom vanaf die Polisie-opleidingskollege by die Stilbaai SAPD aangemeld.
Konstabel Saayman sal sy fisiese opleidingsfase by die polisie in Stilbaai voltooi en sal, ná die suksesvolle afhandeling daarvan, na sy permanente stasie verplaas word.
Die polisiebestuur verwelkom hom in Stilbaai en wens hom alle voorspoed toe met hierdie volgende fase van sy loopbaan as polisiebeampte.
Konstabel Saayman is bevoorreg dat hy sy fisiese fase by 'n baie suksesvolle polisiestasie kan voltooi en hy sal beslis gereed wees vir die uitdagings wat sy beroep behels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’