STILBAAI NUUS - Die eetsaal van Huis Stilbaai was Woensdag 8 Oktober mooi opgetooi, want dit was tyd vir die jaarlikse Stilbaai Spar koek-en-tee bederf aangebied deur die Vriende en Familie-komitee.
RD van Huysteen, Hennie van Rooyen en Alwyn Vorster het soos gebruiklik, hulle dienste gratis aangebied en hulle pragtige musiek het nie net die voete laat jeuk nie, maar die inwoners lustig laat saamsing.
Hennie Slabbert, voorsitter van die Vriende en Familie-komitee, sê dat daar vir hom niks mooier is as die inwoners van Huis Stilbaai wat hulself geniet nie en dit is vir hulle as komitee 'n voorreg om hierdie jaarlikse bederfdag te hou.
Karlien Saayman, die baie bekwame bestuurder van Huis Stilbaai, sê dat sulke bederfdae vir haar baie belangrik is, want hulle staatsubsidie is al so tot op die been gesny dat alle moontlike hulp om die las ligter te maak beteken dat hulle die beskikbare fondse kan bestee waar dit uiters noodsaaklik is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’